fbpx
Vryheidsfront Plus

Limpopo: Distriksmunisipaliteit moet rampbestuur prioritiseer

Die Waterberg-distriksmunisipaliteit se brandweerdiens kon vandag weens ʼn tekort aan water nie ʼn brand blus wat ʼn onderneming in Modimolle (Nylstroom) vernietig het nie.

Luidens die plaaslike media het ʼn brandbestrydingsvoertuig wel by die brand opgedaag, maar het glo geen brandbestryding gedoen nie en weer die toneel verlaat het omdat daar blybaar nie water in die voertuig was nie.

Daar het later ’n bakkie van die Waterberg-distriksmunisipaliteit met brandbestryders opgedaag om die vuur te probeer blus.

Distriksmunisipaliteite moet rampbestuur prioritiseer en hul toepaslike toelae gebruik om hul werk na behore te doen.

Hiermee saam moet infrastruktuur soos pyplyne, damme, watersuiweringsaanlegte en waterpompe in stand gehou word. ʼn Enorme hoeveelheid water gaan verlore weens waterlekkasies en gebrekkige infrastruktuur.

Die VF Plus het vandag ’n dringende vergadering versoek met die provinsie se LUR vir samewerkende regering, mnr. Basikopo Makamu, asook die premier vir Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, rondom die mislukking van distriksmunisipaliteite.

Die gebrek aan dienslewering en die gebrek aan kommunikasie tussen belanghebbendes in die regering sal bespreek word.

Water, brandbestrydingstoerusting en -voertuie moet in alle dorpe van ʼn munisipaliteit beskikbaar wees. Dit kan net gebeur as munisipaliteite self verantwoordelikheid neem vir brandbestryding.

Die desentralisering van plaaslike regerings sal mag af wentel na die gemeenskappe deur sub-rade en kleiner munisipaliteite.

Die VF Plus sal aanhou druk toepas om seker te maak dat inwoners se reg tot ’n veilige omgewing eerbiedig word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.