Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Duisende vakatures by Tshwane-metro bedreig dienslewering

ʼn Diensleweringskrisis staar die Tshwane-metro in die gesig weens die 12 529 vakante poste in dié metro.

Tydens ‘n onlangse raadsvergadering is onthul dat dié personeelkrisis sleuteldepartemente, insluitend elektrisiteit, water en sanitasie, gesondheid en paaie en vervoer raak.

Vakaturekoers van tussen 36% en 74% in verskillende departemente bedreig die metro se vermoë om sy grondwetlike verpligtinge na te kom.

Dit staan in skrille kontras met ‘n billike indiensnemingsverslag wat die oorverteenwoordiging van personeel in sommige gebiede aandui. Die teenstrydigheid tussen surplus en tekort in die arbeidsmag dui op ‘n wanfunksionele menslike hulpbronafdeling, wat nie die werksmag met operasionele behoeftes kan versoen nie.

Indien al dié vakatures gevul word, sal dit tot ‘n onvolhoubare salarisrekening van meer as R21 miljard lei vir inwoners wat reeds onder finansiële druk gebuk gaan.

Die VF Plus waarsku dat inwoners nie die koste van swak beplanning en wanbestuur moet dra nie. Voorts moet daarop gelet word om nie bloot rasseteikens na te jaag nie, maar dat vaardighede in ag geneem word wanneer aanstellings wel gedoen word.

Die VF Plus sal voortgaan om verantwoordbaarheid, deursigtigheid en prestasiegedrewe bestuur te eis en doen ‘n beroep op die uitvoerende gesag om dringend die wanaanwending van personeel reg te stel.

Die uitvoerende gesag moet ook die geloofwaardigheid in menslike hulpbronbeplanning herstel en die integriteit van dienslewering beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.