Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Herlewing van Gillooly’s Farm in Bedfordview word verwelkom

Die VF Plus steun die Ekurhuleni-metro se inisiatief om die vervalle Gillooly’s Farm in Bedfordview te verhuur en in ʼn botaniese tuin te omskep.

Die herlewing hou menige voordele in vir die gemeenskap, maar dan moet die proses deursigtig en eerlik gedoen word.

Gillooly’s Farm is park van 44-hektaar en was vir dekades ʼn gunsteling plek vir inwoners om te besoek en die natuur te geniet. Dit het egter oor die jare verval.

Die Ekurhuleni-metro wil die plaas vir tot 30 jaar aan ‘n private maatskappy verhuur om dit te herstel. Die plan is om ‘n botaniese tuin te skep met nuwe plante, wandelroetes, en ontspanningsplekke. Die huurder moet self betaal vir opknappings, soos om die dam skoon te maak, toilette reg te maak en sekuriteit te verbeter. Die metro sal geld verdien uit die huur en moontlike markverwante aktiwiteite.

Die VF Plus sal die proses noukeurig dophou om seker te maak dit is deursigtig en tot voordeel van alle inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.