fbpx
Vryheidsfront Plus

Duidelik dat regering steeds nie ‘n deeglike inentingsprogram het nie

Die enkele verslappings in die Vlak Drie-inperkingsregulasies wat president Cyril Ramaphosa vanaand aangekondig het, was nodig en die aanvanklike inperkings kon grootliks vermy gewees het deur beter voorbereiding en beplanning.

Dit is vir die VF Plus ook kommerwekkend dat niks nuut aangekondig is rakende die entstof-uitrolprogram nie. Wat die president wel aangekondig het, is grootliks dieselfde as wat die minister van gesondheid (Zweli Mkhize) verlede week reeds bekend gemaak het.

Daar is steeds onduidelikheid oor watter provinsies en hospitale geprioritiseer gaan word en watter kriteria gebruik gaan word om te bepaal presies hoe die inentingsprogram gaan verloop.

Die elektroniese stelsels wat vir onder meer die skedulering van afsprake om die entstof te ontvang, gebruik gaan word, boesem nie vertroue in nie. Ander projekte wat die regering op dieselfde grondslag aangepak het soos die maatskaplike Covid-19-hulptoelaag van R350 se elektroniese aansoekstelsel, het groot probleme ondervind om te realiseer.

Baie Suid-Afrikaners het nie toegang tot die internet nie en die effektiwiteit van ‘n elektroniese stelsel om mense te bereik, is grootliks wensdenkery. Dit beklemtoon die feit dat daar tans nie ‘n realistiese strategie bestaan vir ‘n volledige inentingsprogram nie.

Daar word van mediese fondse en dus lede van die fondse verwag om nie-lede van fondse te subsidieer terwyl dit nie duidelik is wanneer lede van mediese fondse self die entstof gaan ontvang nie.

Daar word ook van die privaatsektor verwag om ruim skenkings te maak om die projek te help slaag terwyl die gesentraliseerde benadering van die regering die privaatsektor verbied om die entstof aan te koop.

Dit is irrasioneel dat samekomste soos kerkdienste beperk word tot vyftig mense terwyl die vloeroppervlak van ‘n perseel eerder as maatstaf gebruik moet word om te bepaal hoeveel mense toegelaat kan word met die nodige sosiale afstand.

Die verslapping van sekere regulasies soos nou aangekondig, was nodig. Daar kon selfs nou na 'n vlak-1 van die inperking beweeg gewees het. Die streng maatreëls het ‘n uiters negatiewe effek op die ekonomie gehad en kon grootliks voorkom gewees het indien ‘n algemene drakoniese benadering tot inperking nie gevolg is nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.