Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dringende ingryping nodig by Masilonyana se kontantvloeikrisis

Die VF Plus het die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), mnr. Saki Mokoena, versoek om dringend in te gryp by die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit se ernstige kontantvloeiprobleme.

Dié munisipaliteit, wat onder meer Brandfort, Theunissen en Winburg bedien, het tydens ’n portefeuljekomiteevergadering in die parlement erken dat die munisipaliteit jaarliks R157 miljoen aan staatsubsidies ontvang, terwyl sowat R168 miljoen per jaar aan salarisse, voordele en bonusse bestee word.

Geld wat dus bedoel is vir basiese dienslewering, word feitlik volledig deur salarisse opgeslurp.

Dit verklaar waarom diensverskaffers nie betaal word nie, inwoners sonder behoorlike dienste sit en die munisipaliteit glo nie eens brandstof vir voertuie kan aankoop nie.

Die ANC het Masilonyana in ’n salaris- en kaderontplooiingsmasjien verander terwyl dienslewering in duie stort.

Nooit weer mag inwoners toelaat dat belastinggeld vir politieke selfverryking eerder as dienslewering gebruik word nie.

Dis ons tyd om Masilonyana te red.

Stem op 4 November VF Plus vir werklike verbetering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.