fbpx
Vryheidsfront Plus

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, lig UNPO-presidensie in oor plaasmoorde en minderheidskwessies in Suid-Afrika

Die vergadering volg op ‘n suksesvolle konferensie van die VF Plus en UNPO gister in die parlement in Kaapstad wat deur vooraanstaande akademici en leiers van verskeie minderheidsgroepe bygewoon is.

UNPO is ‘n internasionale organisasie met 42 ledegroepe wat sowat 200 miljoen mense wêreldwyd verteenwoordig. Die doel van UNPO is om aan onverteenwoordigde en gemarginaliseerde groepe soos Suid-Afrika se minderhede ‘n stem op die internasionale verhoog te bied.

Die president van UNPO, Ngawang Choephel, asook sy sekretaris-generaal, Marino Busdachin, neem aan vandag se gesprek deel.

Volgens dr. Mulder is dit ‘n historiese gebeurtenis aangesien dit die eerste keer is dat UNPO een van sy lede in Afrika besoek. Die organisasie het sy dank teenoor die VF Plus uitgespreek vir die geleentheid om Suid-Afrika te besoek en eerstehands van die situasie in die land te verneem.

Die media is welkom om te reël vir ‘n onderhoud met lede van UNPO se bestuur deur die loop van die dag.

 

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.