Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City stop onwettige water- en elektrisiteit verbruiker

“Mogale Private Game Lodge sal nie langer op belastingbetalers se rug ry nie”, so sê Amanda de Lange, VF Plus stadsraadslid  in Mogale City en media woordvoerder in Gauteng.

De Lange het onlangs konsultante van die Mogale munisipaliteit by die lodge ontmoet terwyl watermeters verwyder is sodat daar geen verdere beweerde onwettige waterverbruik plaasvind nie.  Die water- en elektrisiteitsrekening beloop meer as ‘n miljoen rand.

“Munisipaliteite verloor ‘n groot gedeelte van hul inkomste weens onwettige konneksies en daarom is dit nodig om sulke bedrywighede dadelik te stop,” sê de Lange.

Die eienaar van die lodge is die besigheidsman, Thagraj Allen Reddy.  Hy is ook die eienaar van die veelbesproke SA Roadlink busmaatskappy wat in 2010 deur die hof beveel is om die maatskappy se kantore te ontruim oor agterstallige huurgeld.

Die VF Plus het Mogale City munisipaliteit geprys vir hul optrede.  ”Die konsultante het my verseker dat herkonneksie van water by die lodge nou onmoontlik is.”

“Sulke streng aksies is belangrik omdat werkers van die lodge bevestig het dat dit nie die eerste keer is dat watertoevoer weens agterstallige betaling gestop is nie. Die toevoer is weer onwettig aangeskakel.”

Sy het voorts die hoop uitgespreek dat plaaslike owerhede en Eskom streng sal optree teen groot besighede wat nie vir dienste betaal nie. “Wanneer groot munisipale rekeninge nie betaal word nie, het dit ‘n rippel effek wat die res van die betaalstaat kan beïnvloed.”

 

Amanda de Lange

Kontak besonderhede :  071 604 9498

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.