fbpx
Vryheidsfront Plus

Discovery gaan uitvind dat rasse-diskriminasie nie werk nie

Discovery se voorneme om tien persent van sy aandele gratis aan swart kliënte toe te ken onder die dekmantel van bemagtiging, is niks anders nie as blatante rassisme.

In wese sal Discovery se plan om ‘n nuwe bank te stig goed wees omdat dit kompetisie in die bankwese sal aanmoedig. Dit is net jammer dat die stigting daarvan op so ‘n vals rassistiese noot moes begin.

Discovery moet nie vergeet wie sy eerste kliënte was nie en wie die maatskappy gehelp het om ‘n finansiële reus te word. Vandag het Discovery kliënte van alle rasse en agtergronde. Al hierdie mense is belangrik en speel ‘n rol om Discovery suksesvol te maak.

Om nou vir een groep te sê jou velkleur is verkeerd om in aanmerking te kom vir gratis aandele is immoreel.

Die rede daarvoor is eenvoudig dat armoede tans onder alle rasse voorkom. Daar is algemene konsensus dat armoede nou op ‘n intra-rassebasis voorkom en nie meer soseer interras van aard is nie. Daarom moet Discovery eerder aandele uitdeel op grond van sosio-ekonomiese behoefte.

Indien Discovery glo ras is die basis waarop aandele weggegee moet word, dan moet Adrian Gore sy oortuiging bewys deur sy eie aandele weg te gee en nie te verwag dat sy wit kliënte die las moet dra vir aandele wat net aan swartes gegee word nie.

Indien Discovery nie afsien van hierdie rassistiese plan nie, sal die firma uitvind dat wit kliënte eenvoudig met hul geld sal stem deur hul sake weg te neem van dié firma.

Onthou wat met Spur gebeur het. Dis nie die moeite werd om ‘n firma soos Discovery wat waarde tot die ekonomie toevoeg, bloot te stel aan hierdie gekke aandeleplan nie en die VF Plus doen ‘n beroep om Discovery om sy voorneme met erns te heroorweeg.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.