fbpx
Vryheidsfront Plus

Dipaleseng verkwis R226 miljoen hoofsaaklik weens vrugtelose uitgawes op rente

Die bestuur van Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Grootvlei, Balfour, Greylingstad) het meer as R226 miljoen die afgelope agt finansiële jare met vrugtelose en verkwiste besteding vermors.

Dit het vanaf 2012 tot 2020 plaasgevind. Die feite het aan die lig gekom nadat die munisipaliteit op oudit-navrae vanaf die ouditeur-generaal (OG) moes reageer.

In haar antwoorde op vrae van die VF Plus, het die burgemeester, me. Khethiwe Moeketsi erken dat dit hoofsaaklik weens rente op agterstallige rekeninge vanaf die munisipaliteit se krediteure is.

Tydens die ondersoek is bevind dat daar geen finansiële dokumentasie bestaan vir die tydperk tussen 2012 en 2016 nie. Die munisipaliteit het tydens dié periode ʼn ander rekeningkundige program begin gebruik waarna daar nie meer toegang is nie. Vanaf 2016 tot 2020 is van die dokumentasie egter opgespoor.

Die verslae van die ouditkomitee wat aan die raad voorgelê is, was ook onvolledig. Die munisipale openbare rekeninge komitee (MPAC) het geen ondersoeksverslag aan die raad voorgelê nie en het slegs mondelings verslag oor die ondersoek gedoen. Dit is onaanvaarbaar dat hierdie ondersoek aangaande buitensporige bedrae so lukraak hanteer word.

Dit is skokkend dat geen munisipale amptenaar verantwoordelik gehou word nie. Dit is onder die voorwendsel dat die oortredings glo te lank terug plaasgevind het.

Die VF Plus het teen die voorstel van die afskryf van die bedrag gestem en daarop aangedring dat daar drastiese aksiestappe geneem moet word om toekomstige soortgelyke situasies te vermy.

Dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit nie in staat is om sy finansies effektief te bestuur nie.

Die VF Plus het verdere vrae rondom hierdie saak ingedien en sal aanhou druk op die munisipaliteit plaas om sy sake in orde te kry tot voordeel van die inwoners.

Die enigste manier om Suid-Afrika te red is deur te registreer en te stem om van die ANC ontslae te raak en te vervang met ʼn bevoegde en verantwoordbare koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.