Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ba-Phalaborwa: VF Plus dien strafregtelike klag in

Die VF Plus het ’n strafregtelike klag aanhangig gemaak teen die Ba-Phalaborwa-plaaslike munisipaliteit (Phalaborwa) se waarnemende munisipale bestuurder, dr. Kgoshi Lucas Pilusa en me. Miriam Malatji, die uitvoerende burgemeester, nadat sommige inwoners van Phalaborwa vir sowat drie weke sonder water en krag gelaat is.

Die klag is ingedien by die Ba-Phalaborwa polisiestasie en spruit voort uit klagtes van die gemeenskap wat die party genader het om hulp.

Die munisipaliteit het versuim om die waterkrisis daadwerklik aan te spreek ten spyte van die party se skrywes sedert Maart vanjaar waarin onmiddellike optrede geëis word.

Die munisipaliteit het ’n wetlike verpligting ingevolge die Wet op Waterdienste 108 van 1997 en die Nasionale Waterwet 36 van 1998 om drinkbare water aan sy eindgebruikers, die inwoners van Phalaborwa, te verskaf.

Die munisipale bestuurder is die rekenpligtige beampte van die munisipaliteit en dr. Pilusa vervul tans hierdie rol, terwyl die uitvoerende burgemeester, me. Malatji, veronderstel is om ʼn oorsigrol te vervul.

Ondanks die VF Plus se oproepe om dringende optrede is dele van die dorp sedertdien in puin gelê na die verwoestende brande in September omdat daar nie water beskikbaar was om die brande te blus nie.

Inwoners van Phalaborwa gaan al vir byna twee jaar gereeld gebuk onder watertekorte en met die hittegolf wat die provinsie tans ervaar, kan inwoners nie langer wag op optrede nie.

Dit is veral swaar vir die inwoners by plaaslike tehuise vir bejaardes.

Die VF Plus sal sy druk volhou en die saak monitor.

Getroue belastingbetalers verdien beter as die ANC se wanbestuur van die Ba-Phalaborwa-munisipaliteit.

Die enigste manier om Suid-Afrika te red is deur te registreer en te stem om van die ANC ontslae te raak en te vervang met ʼn bevoegde en verantwoordbare koalisieregering waarvan die VF Plus deel is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.