fbpx
Vryheidsfront Plus

Burgerlike groepe moet bal help dra om ANC in 2024-verkiesing te klop

Politieke partye van die Veelpartyhandves het hande gevat en die speelveld voorberei vir die private sektor om deel te neem aan die stryd om die ANC by die stembus te klop.

Die bal is nou ook in die burgerlike organisasies se hande om te help om ’n wedstrydplan op te stel waarmee dit gedoen kan word.

Politieke partye van die Veelpartyhandves het om hierdie rede vandag in Ekurhuleni gesprek gevoer met talle organisasies wat kerke en verkeie ander burgerlike instellings insluit

Benewens die agt partye van die handves wat die VF Plus insluit, was die volgende organisasies teenwoordig:

Accord, Afriforum, die Afrikanerbond, Brenthurst-stigting, Sentrum vir Innoverende Leierskap, Defend our Democracy, die NG Kerk, FW de Klerk-stigting, Funeral Industry Reformed Association (FIRA), Youth Employment Accelerator (Harambee), Helen Suzman-stigting, Inclusive Society Institute, Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV), Johannesburgse Kamer van Koophandel, Kaapse Forum, National Community Dialogue, Ndifuna Ukwazi, Operation Watershed 2024, die Organisasie teen Belstingmisbruik (Outa), SACanWork, Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD), Solidariteit, die United South African Movement (Tusam), Youth Lab, Afrikaanse Taalraad, Indepemdant South African National Civic Organisation (ISANCO), SNP, United Independent Movement (UIM), GroupsRUs, Teubes Family Wines en Wesco Forensiese Dienste.

Die realiteit van die situasie is dat dit die kiesers is wat eindelik besluit wie regeer die land.

Daar is tans nie ’n enkele politieke party wat dit op sy eie gaan regkry om die ANC te klop nie. Dit gaan ’n spanpoging verg en daar moet oor ’n wye front hande gevat word.

Die sterkste, gesamentlik boodskap wat na die kiesers gestuur moet word om dit te vermag, is om te registreer en te stem. Daar is niemand in Suid-Afrika wat nie reeds self moes inspring op elke gebied waar die regering faal nie.

Van slaggate tot die stryd teen misdaad het Suid-Afrikaners reeds hande gevat om na hul eie belange om te sien waar die ANC-regering versuim om sy grondwetlike verpligtinge na te kom.

Maatskappye wat nou hul eie geld moet gebruik vir dienste wat die staat veronderstel is om te lewer, kan hierdie geld beter aanwend om die ondernemings te laat groei en werk te skep.

Politieke partye wil van die burgerlike samelewing en organisasies hoor wat is hulle voorstelle en aanbevelings. Daar moet in gedagte gehou word dat die Grondwet slegs veertien dae tyd gee om ’n koalisieregering na ’n verkiesing saam te stel. Daar moet nou reeds oor die verwagtinge gepraat word wanneer dit gebeur.

Suid-Afrika het ’n proporsionele kiesstelsel. Dit beteken dat elke stemgeregtigde wat nie vir ’n party van sy of haar keuse teen die ANC stem nie, die ANC se meerderheid met daardie een stem vergroot.

Hierdie boodskap moet gesamentlik en kragdadig uitgedra word deur politieke partye en burgerlike organisasies. Dit is die sleutel tot oorwinning by die stembus.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.