Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dihlabeng moet inkomste verdien deur dienslewering te verbeter

Die VF Plus dring daarop aan dat die Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit (Bethlehem, Clarens, Fouriesburg, Golden Gate Highlands National Park, Paul Roux, Rosendal) dringend sy vermoë om behoorlike dienste te lewer, opskerp en sodoende die inkomste wat hom toekom, verdien.

Die VF Plus het onlangs teen die 2025/26-konsepbegroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) gestem omdat dit onbefonds is.

Alle dienste is intussen verhoog met 5% en elektrisiteit met 12,7%.

Die munisipaliteit raak elke jaar meer afhanklik van finansiële toelaes vanaf die nasionale tesourie. Dit terwyl sy eie vermoë om inkomste te genereer, verwaarloos word.

Nieteenstaande dat die munisipaliteit ook onwettige water- en kragverbindings moet aanspreek, moet hy ook toesien dat departemente wat inkomste kan genereer, behoorlik bestuur en in stand gehou word.

Verskeie departemente kan met geringe moeite en aandag ‘n inkomste genereer, byvoorbeeld:
• Die verkeersafdeling wat tans geen invordering toon nie;
• Die Voëlpark;
• Die plaaslike wildreservaat;
• Die uitverhuring van die stadsaal sou ‘n goeie opsie gewees het vir bv. skole of gemeenskapsorganisasies.

Die munisipaliteit sal ‘n inkomste kan genereer mits hy sy dienslewering aansienlik verbeter en dan in alle erns fokus op invordering.

In die laaste boekjaar is slegs 60% skuld ingevorder en is dit tans net onder 65%.

Nasionale Tesourie (NT) het ‘n gemiddeld van 72% waar die ideaal 95% is.

Dit wil voorkom of die munisipaliteit tog besef hoe groot hierdie uitdaging is en is daar sprake van die aanstelling van ‘n diensverskaffer om hiermee te help. Dus ontstaan die vraag: teen watter kostes moet invordering gedoen word?

Steeds blyk dit dat die nisgroep van getroue belastingbetalers weereens net meer moet opdok terwyl die skuld aan die anderkant bly groei.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.