Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane moet ophou om die Tshwane-behuisingsmaatskappy finansieel van ondergang te red

Die Tshwane-metro kan nie voortgaan om die Tshwane-behuisingsmaatskappy finansieel te red nie. Dit is onvolhoubaar en ‘n vermorsing van geld.

Die Tshwane-behuisingsmaatskappy, ‘n entiteit van die metro wat verantwoordelik is vir die bestuur van 2 107-woonsteleenhede, toon jaarliks ʼn geweldige huurinkomsteverlies en sukkel om die noodsaaklike onderhoud aan die geboue te doen.

Slegs 33% van huurgeld word jaarliks ingevorder, terwyl die Clarina-woonsteleenhede in die middestad, met 160 eenhede, ‘n invorderingskoers van net 9% toon.

Met so ʼn lae invorderingskoers word die metro gedwing om die tekort te subsidieer. Indien die maatskappy doeltreffend bestuur was en ʼn wins getoon het, kon hierdie fondse aangewend word om die metro se infrastruktuur te verbeter.

Die Tshwane-behuisingsmaatskappy betaal meer as R50 miljoen aan salarisse, insluitend dié van die raad van direkteure.

Die VF Plus het in die jongste raadsvergadering daarop aangedring dat ʼn omvattende hersieningsplan in werking gestel word om finansiële volhoubaarheid te verseker. Die streng toepassing van huurooreenkomste moet uitgevoer word om wanbetalings te verminder.

Subsidies moet verminder word sodat die behuisingsmaatskappy selfstandig kan funksioneer, terwyl vennootskappe met die private sektor gesoek moet word om ‘n volhoubare alternatief vir openbare fondse te bied.

Behuising, veral maatskaplike behuising, is noodsaaklik, maar moet verantwoordelik bestuur word. Die herhaaldelike finansiële hulp aan die behuisingsmaatskappy plaas ʼn onregverdige las op belastingbetalers.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.