fbpx
Vryheidsfront Plus

Departement van korrektiewe dienste moet fokus op selfvoorsiening en vaardigheidsontwikkeling

(Begrotingsposdebat in parlement: Korrektiewe Dienste)

Die kleiner begroting van die departement van korrektiewe dienste (DKD) hou ‘n ernstige bedreiging in vir die vermoë van die departement om sy mandaat uit te voer om by te dra tot ‘n regverdige, vreedsame en veiliger Suid-Afrika deur die effektiewe en menslike opsluiting van gevangenes, die rehabilitasie, en sosiale herintegrasie van oortreders.

Die begrotingskortings sal die vergoeding van werknemers beïnvloed en lei tot die beëindiging van nie-noodsaaklike personeel se kontrakte en dat kritieke poste nie gevul word na diensverlating nie. Die vermindering in die aantal werknemers sal die departement se vermoë om die nodige ondersteuning- en welstanddienste aan gevangenes te verskaf, negatief beïnvloed.

Die huidige hoë verhouding tussen die aantal bewaarders en gevangenes maak dit moeilik om geriewe te bestuur en gee aanleiding tot geweld, smokkelary en onnatuurlike sterftes. Die departement sal ‘n gunstiger verhouding moet skep tussen die aantal bewaarders en gevangenes om die probleme te behandel.

Die kleiner begroting sal ook die DKD se vermoë beperk om selfvoorsienende- en volhoubaarheidsprojekte te implementeer.

Die VF Plus is ‘n voorstander van selfvoorsiening en vaardigheidsontwikkeling en sal ‘n werkbare en volhoubare inisiatief deur die DKD ondersteun om ‘n inkomste te genereer en vaardigheidsontwikkeling so toe te pas dat dit sal bydra tot die ekonomiese herlewing van die land.

Die swak ouditresultate van die DKD is kommerwekkend, veral sy gebrek aan aanspreeklikheid, hoë onreëlmatige besteding en om dissiplinêre prosesse af te handel.

Die DKD moet tydraamwerke verskaf vir die afhandeling van dissiplinêre sake om sodoende onreëlmatige uitgawes aan salarisse vir geskorste werknemers te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.