fbpx
Vryheidsfront Plus

Datum van gesprek oor plaasmoorde tussen die premier van Gauteng en die VF Plus is bevestig

Die ooreenkoms wat die afgelope Dinsdag bereik is tussen die premier van Gauteng, mnr. David Makhura en die VF Plus se LPW, mnr. Philip van Staden, om 'n gesprek te voer oor plaasmoorde, moorde en protesaksies in die provinsie, se datum is nou amptelik vasgemaak.

Die premier en Van Staden het gister ooreengekom op Donderdag 16 November 2017. Die afspraak is laat gisteraand deur die premier se kantoor bevestig.

Hierdie ontmoeting spruit uit 'n lidverklaring wat Van Staden die afgelope Dinsdag in die wetgewer gemaak het oor die Swart Maandag-optogte teen plaasmoorde. Van Staden het in sy lidverklaring gesê dat nog meer betogings teen plaasmoorde en moorde gaan plaasvind om nog meer druk op die regering te plaas.

Van Staden het ook gesê dat te midde van die huidige misdaadkrisis, die regering nie die probleem sal aanspreek nie omdat die regering self die probleem is. Die premier het versoek om 'n gesprek te voer oor die kwessies en daar is ooreengekom dat dit op 'n dringende basis sal plaasvind.

"Die VF Plus is altyd oop vir gesprek om oplossings vir 'n bepaalde probleem of probleme te probeer verkry. Die premier se uitnodiging om 'n gesprek oor die kwessies, is vir nou 'n stap in die regte rigting en ek hoop dat hierdie gesprek die begin sal wees van 'n proses om die moorde in die provinsie en uiteindelik in die res van die land hok te slaan.

“Die VF Plus sal die agenda vir die gesprek optrek. Hierdie sal beslis ook nie die eerste en laaste gesprek wees nie en daar word gemik na nog datums”, sê Van Staden.

 

Kontakbesonderhede: 084 0154 722

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.