fbpx
Vryheidsfront Plus

Daar moet teen UV-studenteleier wat rassehaat aanblaas opgetree word

“Like…All this killing wouldn’t be necessary if you had just GAVE BACK THE LAND!!!!” (sic). Sulke verdelende en rassistiese uitsprake, soos die van Nokuthula Ligege, primaria van Huis Wag-‘n-Bietjie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV), wat haat en geweld aanblaas, ondersteun, regverdig en voorstel is onaanvaarbaar in ‘n vry en demokratiese samelewing en moet veral nie deur ons land se hoër onderwysinstellings, soos die Universiteit van die Vrystaat, geduld word nie, het Tammy Wessels, VF Plus nasionale jeugleier gesê.

Die VF Plus het ‘n amptelike skrywe met betrekking tot Ligege se uitlating aan die rektor en vise-kanselier van die UV, prof. Francis Petersen gerig, waarin daadwerklike dissiplinêre optrede teen die student geëis word.

“Die UV het aangedui dat ‘n sogenaamde proses van regstellende geregtigheid aan die gang gesit is en dat daar dadelik deur middel van gesprekvoering teen die student opgetree is.

“Blote gesprekvoering is onaanvaarbaar. Me. Ligege is die primaria van haar koshuis. Sy is in ‘n leierskapsposisie en by implikasie ‘n personeellid van die UV. Wanneer ‘n personeellid die erekode en reëls van ‘n instelling, sowel as wetgewing van die land oortree moet daar dissiplinêr teen sodanige personeellid opgetree word.

“Die koshuisinwoners is na afloop van die week se gebeure na ‘n dialoogsessie genooi waar Ligege se kommentaar en inwoners se ongelukkigheid daaroor bespreek is. Ligege het dit egter nie bygewoon nie, omdat sy glo huis toe is.

“Hoe werk die proses van regstellende geregtigheid en optrede deur middel van gesprekvoering dan as die oortreder dit nie eers bywoon nie?

“Die UV het ‘n reputasie dat daar vinnig en streng teen wit studente opgetree word wat rassistiese oortredings begaan.

“Die VF Plus eis dat die UV ook in hierdie geval dieselfde maatstaf sal toepas en dat dit nie met dubbele standaarde hanteer mag word nie,” het Wessels gesê.

Kontakbesonderhede: 082 490 6663

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.