Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Staatskaping neem in felheid toe met onreëlmatige uitgawes deur die staat wat tot bykans R50 miljard klim

Die Ouditeur-Generaal (OG) se bekendmaking van skokkende syfers wat daarop dui dat R45,6 miljard se staatsgeld in die laaste jaar verspil of onreëlmatig aangewend is, bevestig dat die tempo om die staatskas te plunder in felheid toeneem soos die staatskapers besef hul tyd raak min, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Hy sê dit is duidelik dat die staat se geld ook minder raak en daarom die klaarblyklike haas om te gryp terwyl daar nog iets in die beursie is.

Volgens adv. Alberts kan die prentjie veel donkerder raak aangesien die oudit nog nie voltooi is nie en daar word geraam dat die bedrag kan styg tot R65 miljard.

“Dit is duidelik dat die staat en staatsamptenare geen brieke meer het nie en dat die resies na die bodem van die fiskale put nou in volle swang is. Die gebrek aan verantwoording en vervolging van diegene wat hulle skuldig maak is skreiend.

“Daar is geen twyfel meer dat hierdie proses nie deur enige ANC-leier gestop kan word nie. Al hierdie aksies vind plaas reg onder die neus van die adjunk-president en hy het tot dusver, behalwe vir beloftes, niks daaraan gedoen om die seerowery stop te sit nie.

“Die omvang van die vermorsing van belastinggeld kom skerp in perspektief as mens daaraan dink dat die Transnet-pensioenarisse se aanvanklike regseis teen Transnet R79 miljard is. Sowat net meer as die helfte van hierdie eis se fondse is in een jaar deur die regering verspil.

“Indien die plundering nie plaasgevind het nie, sou die Transnet-pensioenarisse se eis halfpad gedek gewees het en dieselfde soort besparings vorentoe sou kon bydra tot die volle afbetaling van SANRAL se e-tolskuld, die versterking van die staat se pensioenfonds deur ekstra fondse daar in te ploeg, en die skep van ‘n soewereiniteitsfonds waarin geld gespaar word vir donkerder dae vorentoe.

“Die ANC-regering weet egter min, indien enigiets, van vooruit beplanning,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.