Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

DA-beskerming van burgemeester laat koalisie in Oudtshoorn op rotse loop

Die DA se onversetlike houding om die burgemeester van die Oudtshoorn-plaaslike munisipaliteit, Chris McPherson, ten alle koste te beskerm, het die koalisie vanoggend op die rotse laat loop.

Die ernstige aard en omvang van bewerings van magsmisbruik en wangedrag deur McPherson het dit vir die ander koalisievennote onmoontlik gemaak om hom in die posisie van burgemeester te behou.

Die koalisie waarvan die DA, die VF Plus, Icosa en Saamstaan in Oudtshoorn deel was, is vanoggend eensydig deur die DA beëindig nadat die koalisievennote alles in hul vermoë gedoen het om ʼn skeuring af te weer.

In ʼn koukusvergadering wat vanoggend se raadsvergadering voorafgegaan het, het die DA die koalisieooreenkoms eensydig verbreek en die vergadering verlaat.

Die VF Plus is bereid om die leiding in Oudtshoorn te neem en sal alles in sy vermoë doen om die oorblywende koalisies in die Wes-Kaap te beskerm.

Die party kan egter nie bloot toekyk hoe die DA ʼn ongewilde burgermeester beskerm en ʼn koalisieooreenkoms verbreek deur sy eie belange bo dié van Oudtshoorn en sy mense te stel nie.

Ek was die afgelope dae betrokke by onderhandelinge met ʼn DA-afvaardiging onder leiding van Helen Zille, die DA se federale voorsitter, Jaco Londt (DA-LP) en die leier van die DA in die Wes-Kaap, Tertius Simmers.

Die doel van die gesprek was om die situasie te probeer ontlont. Tydens hierdie gesprekke het die koalisiepartye dit duidelik gemaak dat weens die aard en omvang van bewerings van magsmisbruik en wangedrag dit ononderhandelbaar geword het dat McPherson as burgermeester aanbly en verwyder moet word en wat wel toe tydens vandag se raadsvergadering gebeur het.

Die DA het nie die koalisievennote se siening oor McPherson gedeel nie en het aangedui dat die koalisievennote nie kan voorskryf wie hy as burgermeester wil hê nie.

Die mening van die koalisievennote was dat die DA ook nie aan die munisipale raad kan voorskryf wie die raad as burgermeester moet verkies nie.

Die VF Plus het tydens die gesprekke ook sy beswaar uitgespreek oor die eensydige wyse waarop die DA die koalisieooreenkomste in George-munisipaliteit en die Tuinroete-distriksmunisipaliteit verbreek het en die VF Plus uit alle posisies daar verwyder het.

Die VF Plus bly verbind tot goeie dienslewering en die bevordering van plaaslike regerings wat die belange van die inwoners dien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.