Die VF Plus het met hartseer kennis geneem van die afsterwe van die redakteur van die Volksblad, Dirk Kok, ná ʼn kort siekbed.
Dirk se kort ongesteldheid, snelle aftakeling en vinnige dood ná die diagnose van pankreaskanker, was ‘n groot skok.
Dirk se bydrae tot die joernalistiek en sy gemeenskap kan nie oorbeklemtoon word nie. Hy het gestaan vir waarheid en geregtigheid en het sy lewe opgeoffer vir die waardes wat hy so hoog geag het. In ‘n era waarin koerante en joernaliste onder druk verkeer, bly sy nalatenskap ‘n baken van integriteit en toewyding.
Dirk se blymoedige gees en positiewe ingesteldheid was broodnodig in die Vrystaat-gemeenskap.
Die VF Plus spreek sy innige meegevoel uit met sy vrou Mientjie, sy seuns, familie en geliefdes.