fbpx
Vryheidsfront Plus

Cholera moenie ligtelik opgeneem word

Die ses gevalle van cholera wat in Gauteng aangemeld is, kan nie ligtelik opgeneem word nie veral omdat rioolstortings algemeen is in sekere munisipaliteite.

Die Gautengse departement van gesondheid se dringende verklaring dat kraanwater nie met die cholera-bakterieë besmet is nie, is waar, maar inwoners moenie te gerus raak nie.

Die departement maan inwoners om goeie higiëne te handhaaf en nie ongesuiwerde waterbronne te gebruik nie.

Die skuld vir waterbronne soos riviere, boorgate en damme wat moontlik met die Vibrio cholerae-bakterie besmet is, kan net voor die deur van wanbestuurde munisipaliteite en die Gauteng-regering gelê word.

Dié waterbronne word ook aangewend vir die besproeiing van gewasse en om vee se dors te les.

Mense gebruik ook van die waterbronne vir huishoudelike gebruik omdat hulle nie toegang tot gesuiwerde water het nie.

Die VF Plus het die Gautengse munisipaliteite en die provinsiale regering al dikwels gewaarsku dat die besoedeling van waterbronne katastrofiese gevolge vir mens, dier en omgewing kan inhou.

Die menseregtekommissie (MRK) het selfs die besoedeling van die Vaalrivier tot ‘n menseregteskending verklaar.

Tog duur die besoedeling voort en plaas duisende mense se lewe op die spel.

Die politieke wil ontbreek duidelik by die ANC om munisipaliteite en die provinsie te bestuur tot voordeel van al sy mense en kosbare hulpbronne te beskerm.

Gauteng verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.