Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Centurion moet tot rampgebied verklaar word weens sinkgate

Centurion in die Tshwane-metro moet tot rampgebied verklaar word nadat nog ʼn sinkgat Sondag in Lyttelton ontstaan het.

Daar is tans 64 sinkgate in Centurion wat die belangrikheid om die gebied te rehabiliteer en water- en rioolinfrastruktuur te onderhou of te vervang, onderstreep.

Die jongste sinkgat in Jadelaan, Lyttelton, het ontstaan nadat boomwortels deur ʼn asbeswaterpyp gegroei het en ʼn ondergrondse waterlekkasie in ʼn inwoners se erf veroorsaak het.

Spanne van die metro werk tans aan ʼn omleidingstelsel om watertoevoer te herstel.

Die VF Plus het die metro se departement van paaie aangeraai om Jadelaan af te sper vir in geval die padstruktuur moontlik ook onderlangs beskadig is.

Die VF Plus het ʼn afspraak aangevra met die burgemeester, dr. Hazel Moya, om die probleme rondom vervalle infrastruktuur asook die mosie wat op 29 Mei in die verband voor die raad gedien het, te bespreek.

Tydens die raadsvergadering is ʼn versoekskrif met 3 500 handtekening ingedien waarin aangedring word dat Centurion tot ʼn rampgebied verklaar word om sodoende geld uit die nasionale regering en Gautengse regering se rampfonds te bekom.

Die sinkgate in Centurion, wat op dolomitiese grond geleë is, word hoofsaaklik veroorsaak weens water- en rioollekkasies

Die VF Plus sal volgehoue druk op die metro toepas om die gebied tot ‘n rampgebied te verklaar om die nodige fondse vanuit die nasionale en/of die provinsiale-rampfonds te bekom aangesien die metro nie die geld daarvoor het om verouderde infrastruktuur te vervang en sinkgate te rehabiliteer nie.

Daar kan nie hiermee gesloer word tot daar lewensverlies is nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.