Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Buthelezi het diep spore op die Suid-Afrikaanse politieke landskap getrap

Die VF Plus het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van dr. Mangosuthu Buthelezi en ek wil namens myself en as leier van die party ons innige meegevoel betuig met sy naasbestaandes en geliefdes.

Dr. Buthelezi, die voormalige IVP-leier, was ʼn simbool van respek en waardigheid in die parlement. Hy het respek van almal afgedwing met sy waardigheid en optrede en is oor politieke grense heen gerespekteer.

Hy is die enigste Zoeloe-leier wat verskoning gevra het vir die wandade en moorde teenoor Voortrekkers. Dit dien as bewys dat hy ʼn leier van inbors was wat nie weggedeins het van die waarheid nie.

Net so het hy nie geskroom om die ANC-regering te wys op sy foute en hom daaroor aan te spreek nie.

Sy afsterwe is ʼn verlies nie net vir sy naasbestaande en die Zoeloe-volk nie, maar ook vir Suid-Afrika. Mag hy in vrede rus.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.