Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Brand by Zwartkop-substasie moontlik veroorsaak weens gebrekkige instandhouding

Voorlopige bevindings dui daarop dat gebrekkige instandhouding moontlik die oorsaak was van die brand Dinsdag by die Zwartkop-substasie in Centurion.

Die skade aan die infrastruktuur is omvangryk en dit mag etlike dae neem om herstelwerk af te handel.

Die VF Plus spreek sy diepe kommer uit oor die voortdurende agteruitgang van munisipale infrastruktuur en dring daarop aan dat die instandhouding van belangrike infrastruktuur ‘n prioriteit moet wees.

Dit sal nie net koste bespaar nie, maar ook lewens en eiendom beskerm.

Hierdie situasie veroorsaak nie net groot ongerief vir inwoners nie, maar belemmer ook verkeersvloei van omliggende roetes, insluitend die Ou Johannesburgpad. Dit skep ‘n veiligheidsrisiko en ondernemings se werksaamhede word ernstig ontwrig.

Die VF Plus bedank ook die amptenare en tegniese spanne wat onverpoosd werk om die skade te herstel en kragtoevoer na inwoners te herstel.

Die owerhede het bevestig dat ’n volledige ondersoek sal volg en waar toepaslik, sal verbeterde maatreëls geïmplementeer word om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.