Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Brand by substasie laat groot dele van Valhalla sonder krag

ʼn Brand wat laat gisteraand (19 Mei) by die Swartkop-substasie uitgebreek het, het groot dele van Valhalla in Centurion sonder krag gelaat.

Nooddienste van die Tshwane-metro en die Gauteng-provinsie het onverpoos gewerk om die brand in bedwang te bring.

Weens die brand is verskeie paaie in Valhalla gesluit nadat kragkabels op strate geval het.

Motoriste word aangeraai om die volgende gebiede te vermy:

• Die sirkel naby Wierdabrug
• Vikingstraat
• Ou Johannesburgweg
• Die kruising van Ou Johannesburg- en Wierdaweg
• Die ingang na die Glen Lauriston-woonbuurt.

Behalwe vir die brand by die substasie het twee ander kragonderbrekings ook gisteraand in Pretoria plaasgevind. ’n Kragkabel in Doringkloof is afgesny en ’n mini-substasie in Pretoriuslaan is gevandaliseer.

Die VF Plus het herhaaldelik die metro versoek om nie net substasies te onderhou nie, maar ook te verseker dat dit behoorlik beveilig word. Die versoeke van op dooie ore.

Die party sal inwoners op hoogte hou met die vordering van herstelwerk.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.