Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bitou se administratiewe vertraging kos Plettenbergbaai sy kunsfees

Dit is teleurstellend en onaanvaarbaar dat die Bitou-munisipaliteit gesloer het met die aanstelling van ’n nuwe toerismediensverskaffer. Dit het veroorsaak dat die Plett Arts Festival vanjaar nie kan plaasvind nie.

Die mandaat van die Plettenbergbaai-toerismevereniging het op 30 Junie 2026 verstryk. Die munisipaliteit het onderneem om die nuwe toerismedienste-tender teen 1 Julie toe te ken, maar die proses is vertraag.

Gevolglik was daar nie genoeg tyd om die fees, wat gewoonlik einde September tot begin Oktober oor 10 dae aangebied word, behoorlik te beplan en te bemark nie. Die 2026-fees was vir 25 September tot 4 Oktober beplan.

Die Plett Arts Festival is ’n belangrike kulturele en ekonomiese geleentheid vir Plettenbergbaai. Dit lok plaaslike inwoners sowel as besoekers in die stiller toerismeseisoen en skep inkomste vir restaurante, gastehuise, hotelle, winkels en plaaslike kunstenaars.

Vorige feeste het meer as 60 tot 70 afsonderlike geleenthede ingesluit en ’n duidelike bemarkings- en ekonomiese bydrae tot die dorp gelewer.

Tydige en verantwoordelike bestuur is ’n kernvereiste vir plaaslike regering.

Die VF Plus dring daarop aan dat die Bitou-munisipaliteit die tenderproses sonder verdere uitstel finaliseer en die redes vir die vertraging aan die publiek verduidelik sodat die Plett Arts Festival in 2027 weer ’n werklikheid kan wees.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.