fbpx
Vryheidsfront Plus

Beweerde skuld van oud ANC-raadslede en amptenare van Tshwane-metroraad skokkend

Die VF Plus het met skok verneem dat daar glo oud-ANC-raadslede sowel as senior munisipale amptenare is wat die Tshwane-metroraad miljoene skuld vir agterstallig huurgeld en dienste.

Maroela Media het onlangs berig dat oud-raadslede en senior amptenare se huurgeld vir munisipale huise agterstallig is en in die meeste gevalle betaal hulle ook nie vir basiese dienste nie.

Die VF Plus beskou dit as ‘n skande dat die belastingbetalers van Pretoria hierdie oud-raadslede en amptenare subsideer.

Baie inwoners is onder finansiële druk, maar betaal pligsgetrou hul belastings terwyl goed besoldigde amptenare nie betaal nie.

Volgens die berig het die uitvoerende burgermeester, Stevens Mokgalapa, reeds in Maart 2019 ‘n interne oudit aangevra het.

Die VF Plus beskou die aantuigings as baie ernstig en verwag dat die metroraad hierdie saak as dringend hanteer en die uitstaande geld onmiddellik ingevorder word.

Die VF Plus gaan ‘n formele skrywe aan die burgemeester rig met die volgende versoeke en aanbevelings:

• Dat die verslag sodra beskikbaar onmiddellik aan die VF Plus oorhandig word;
Dat die ondersoek uitgebrei word na alle huidige en voormalige raadslede en amptenare wat van munisipale behuising gebruik maak om te verseker daar is nie oortreders wat deur die net geglip het nie.
• Dat die skuldiges voor ‘n ultimatum gestel moet word om die uitstaande gelde te vereffen en indien die huurder weier, ‘n dagvaardiging uitgereik word.
• Dat uitstaande gelde van raadslede of amptenare wat meer as drie maande agterstallig is, van hul salarisse verhaal word soos bepaal deur die Munisipale Stelselwet.
• Dat die twee stelsels wat tans bestaan (krag- en huurheffing) gekombineer word en krag afgesny word vir agterstallige huurgeld.
• Dat die raad ‘n besluit neem dat geen raadslid in die toekoms ‘n munisipale huis mag huur nie ten einde soortgelyke situasies in die toekoms te voorkom.
• Dat die raad verder ‘n besluit neem om agterstallige gelde van raadslede of amptenare se pensioenfonds te verhaal.

Die VF Plus gaan druk uitoefen op die metroraad om die saak op die raad se agenda te plaas om die besluite goed te keur en ten uitvoer te bring.

Kontaknommer: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.