Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Belangrike kruising in Kemptonpark herstel ná volgehoue druk van VF Plus

Volgehoue druk van die VF Plus het daartoe gelei dat die kruising by Olienhoutlaan en Elginweg in Kemptonpark ten volle herstel is. Albei stelle verkeersligte, wat vir ‘n geruime tyd buite werking was, sowel as die slaggate by dié kruising is herstel.

Dit kom ná maande van frustrasie vir motoriste wat onveilige padtoestande en stukkende verkeersligte moes trotseer.

Gedurende die afgelope maande het die VF Plus voortdurend met die Ekurhuleni-metroraad se departemente vir paaie en energie geskakel met versoeke en formele korrespondensie waarin dié herstelwerk geëis is.

Hierdie uitkoms bewys dat samewerking en gemeenskapsbetrokkenheid tot besliste verbetering kan lei.

Die VF Plus bly daartoe verbind om infrastruktuur regoor Kemptonpark dop te hou en te verseker dat inwoners die dienste ontvang wat hulle verdien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.