fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Bela Bill: Hoe langer, hoe meer openbaar Motshekga haar eintlike plan

Met die departement van basiese onderwys se SHERO-toekennings (Schools Hero-toekennings) Woensdag in Johannesburg, het die minister van basiese onderwys, me. Angie Motshekga, duidelik laat blyk wat haar planne is: Volle regeringsbeheer oor openbare skole.

Die minister se amptelike toespraak, soos op die departement se webwerf gepubliseer, meld niks van die Wysigingswetsontwerp vir Onderwyswette (of Bela Bill) nie. Daar praat sy van robotika as vak, die nuwe Driestroommodel van onderwys om vaardigheidstekorte uit te wis en sy besing die lof van 'n kleinhandelsgroep wat die geleentheid geborg het.

Die nuuskanaal EWN haal haar egter in verband met die betrokke wetsontwerp aan. Daarvolgens sê sy die regering moet seggenskap oor skole se taalbeleid hê omdat die samestelling van woonbuurte verander het en daar dus ander behoeftes bestaan.

Motshekga gaan voort om te sê sy praat van "government schools" en dat daar nie aan die taalbeleid van "private schools" getorring word nie.

Beide die Skolewet van 1996 en die wysigingswetsontwerp verwys na "openbare" en "onafhanklike" skole.

Dit is nie bloot ‘n ander woordkeuse nie; dit is juis bedoel om aan te dui dat openbare skole aan die gemeenskap behoort en nie "staatskole" is nie.

Die spesifieke woordkeuse maak dit duidelik wat die minister en haar departement se plan is.

Die VF Plus sal voortgaan om hierdie wetsontwerp, wat op gemeenskappe se onderwysregte inbreuk maak en boonop reeds verouderd is, op alle moontlike maniere te bestry.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.