Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal geveg van sy lewe opsit om Lesufi en ANC in Gauteng tot opposisiebanke te relegeer

Die verkiesing van Panyaza Lesufi as nuwe Gautengse premier, is die begin van ‘n nuwe fase in die VF Plus se stryd om te sorg dat Lesufi en die ANC tot die opposisiebanke gerelegeer word na die 2024-verkiesing.

Die VF Plus sal alles in die stryd werp om dit reg te kry deur die maksimum stemme onder minderhede in die provinsie te werf deur Lesufi te ontbloot vir die swak leier wat hy is.

Die kanse is goed dat die ANC onder 36% sal val in die 2024-verkiesing, veral met dié rasse-demagoog as leier.

Die VF Plus sal dan as stabiele koalisievennoot die kern vorm om al die redelike opposisiepartye saam te snoer in ‘n koalisieregering wat die ANC kan vervang.

Lesufi is vandag as premier verkies deur 38 teen die 22 stemme vir Solly Msimanga op hom te vestig. Die EFF het uitgeloop voor die verkiesing plaasgevind het.

In sy premierstoespraak het hy groot gewag gemaak van beter dienslewering en die uitwis van armoedige informele nedersettings.

Die VF Plus het daarop gereageer deur te sê dat die ANC byna 30 jaar gehad het om dit te doen en daardie toets oortuigend gedruip het.

Lesufi se toespraak was oninspirerend en het niks nuuts op die tafel geplaas om die mense van Gauteng hoop te gee nie.

Hy het eerder klem gelê op sy struggle-verlede.

Daar was geen breë uiteensetting van die probleme van die provinsie en hoe dit aangepak gaan word nie.

Nog minder enige daarstelling van ‘n visie vir die provinsie. Lesufi het bloot sydelings teruggeval op die ou 2030 ANC-plan wat duidelik nie gewerk het nie.

Hierdie swak premierstoespraak was ‘n goeie aanduiding van die gebrek aan visie en energie waarmee Gauteng onder Lesufi bestuur gaan word.

Die VF Plus begin nou in alle erns voorberei vir die ontseteling van die ANC in Gauteng in 2024.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.