Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Bekendstelling van VF Plus se verkiesingsmanifes vir 2014-algemene verkiesing

Samewerking is die enigste manier waarop die ANC gestuit kan word, en dit dui ook die nuwe koers aan wat die Vryheidsfront Plus gaan volg om ‘n nuwe bedeling in Suid-Afrka teweeg te bring tot voordeel van al die land se inwoners.

Dit was vandag die sentrale tema van die boodskap van dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, met die bekendstelling van die party se manifes vir die 2014-verkiesing.

Die luide applous van die gehoor wat die saal in Pretoria volgepak het, was ‘n aanduiding van die mandaat van die party se ondersteuners vir die manifes.

Ewe luide applous vir ‘n sterk afvaardiging Khoi- en San-leiers en van hul volgelinge, was terselfdertyd ‘n aanduiding van die hand wat ondersteuners van die VF Plus uitgereik het na ander mindersheidsgroepe in Suid-Afrika wat ‘n gesamentlike doel het om ‘n nuwe bedeling in Suid-Afrika tot stand te bring.

In sy boodskap het dr. Mulder gesê die strewe  na ‘n oplossing vir die onderdrukking van Afrikaners en ander mindersheidsgroepe in die land, moet realisties, modern en regverdig wees vir almal.

“Daar is plek vir almal van ons in hierdie land. Die VF Plus se herbewoorde missie wil nie net die Afrikaner motiveer nie, maar ook ander mindersgroepe. Ons het saam een doel, en dit is om die ANC te verslaan, het dr. Mulder gesê.

Dr. Mulder was skerp in sy kritiek teen die ANC en het gese daar heers tans 'n "tirannie" van 'n meerderheid sonder enige seggenskap vir minderhede in die land.

“Daarom is dit dringend noodsaaklik dat ‘n nuwe bestel tot stand kom waarin erkenning gegee word aan die diversiteit van die land en sy mense. In die proses  het die VF Plus hom onherroepelik verbind tot samewerking met ander gemeenskappe. Die VF Plus se lidmaatskap van die Kollektief vir Demokrasie illustreer dit.

“Ons vra ‘n beter bedeling vir die Afrikaner, maar sal ook veg vir ander minderhede om dit te verkry,” het dr. Mulder gesê.

 

 

Kontaknommers: 082 674 6670: 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.