fbpx
Vryheidsfront Plus

Befondsingswet vir Politieke Partye sal demokrasie bevorder

Die Befondsingswet vir Politieke Partye onderlê artikel 236 van die Grondwet wat lui dat politieke partye befonds moet word om veelparty-demokrasie te bevorder, en dit moet verwelkom word aangesien die vorige befondsingsmodel daarin tekort geskiet het.

Die bestaande wet het groot gebreke waarvan die belangrikste die ongelyke formule is om fondse tussen partye te verdeel op ‘n grondslag van 90% proporsioneel en 10% billik. Dit beteken dat die ANC die oorgrote meerderheid van die fondse kry.

Na ‘n lang onderhandelingsproses is ‘n formule bereik wat nie net tot die ANC se voordeel strek nie.

Pogings van die EFF om die wet te probeer verongeluk kom op skynheiligheid neer om goedkoop politieke punte aan te teken. Indien die EFF nie in die fondse belang stel nie, moet hy so sê sodat sy geld tussen ander partye verdeel kan word.

Die EFF se populistiese speletjie is om hier te sê ons verwerp die wet, maar daarna is hy doodtevrede om die geld te kry.

Die wet sal veelparty-demokrasie bevorder. Partye wat daarteen gekant is, het duidelik ‘n dubbele agenda.

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.