fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-speaker se truuk hou VF Plus uit stemmery

Die ANC-speaker van Mogale City, Noluthando Mangole, het Dinsdag tydens ‘n spesiale raadsvergadering die VF Plus opsetlik daarvan weerhou om aan ‘n stemming en debat deel te neem rondom die munisipale grondverkrygingsbeleid.

Die VF Plus, wat aanvanklik die koukusverdaging aangevra het, is nie eens ‘n geleentheid gegun na die hervatting van die vergadering om terugvoer oor die debat te gee nie. Die speaker het onmiddellik met ‘n stemproses begin wat tot ongelukkigheid onder die opposisiepartye gelei het.

Die VF Plus is ten gunste van georganiseerde grondverkryging met die doel om sinvolle ontwikkeling te skep. Dié beleid kan help om ekonomiese stimulering te bevorder en kan elkeen die geleentheid gee om grond te koop.

Grond wat braak lê is ‘n finansiële las vir die munisipaliteit en veroorsaak veiligheidsrisiko’s vir gemeenskappe. Dit lei dikwels tot groot plakkersdorpe sonder strukture.

Wanneer grond aan die gemeenskap beskikbaar gestel word, is dit tot voordeel van die belastingbetalers en dit bevorder die kontantvloei van ‘n munisipaliteit. So ontstaan kerke, skole en besighede rondom ‘n vooruitstrewende gemeenskap.

Die VF Plus se leierskap sien die voortdurende viktimisering in die raad in ‘n baie ernstige lig en bevestig dat hulle die kwessie op provinsiale en nasionale vlak gaan hanteer.

Die VF Plus het ‘n mandaat van kiesers en die reg om in die raad gehoor te word.

Kontaknommer: 071 604 9498

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.