Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus praat met Duitsers, Belge oor situasie in Suid-Afrika

'n Afvaardiging van die Duitse AfD (Alternative for Germany)-party, het die VF Plus se parlementêre koukus gister besoek om verkennend te gesels oor belangrike Suid-Afrikaanse kwessies, waaronder onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde, en om skakeling tussen die twee partye te bewerkstellig. (Foto meegaande)

Die afvaardiging is gelei deur mnr. Sven W. Tritschler, 'n provinsiale parlementslid van die Duitse staat Noord Rhine-Westphalia.

Die gesprek vorm deel van die VF Plus se "Slaan terug SA"- veldtog as daadwerklike poging om die internasionale gemeenskap in te lig ten opsigte van die huidige bedreiging van eiendomsreg in Suid-Afrika en ander menseregtevergrype.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het België verlede week besoek as deel van hierdie internasionaliseringsveldtog.

Hy het onder meer aan 'n stille-protesoptog van Vlaams Belang-Jeugaksie teen plaasmoorde in Gent deelgeneem en toegespreek, met Europese parlementslede vergader en die presidensie van UNPO (Unrepresented Nations & Peoples Organization) toegespreek. (Foto meegaande)

Indien die Grondwet van Suid-Afrika wel gewysig word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, sal dit 'n oortreding van onder meer die Verenigde Nasies se Handves en Internasionale Deklarasie op Menseregte wees.

Dit is daarom belangrik om die internasionaliseringsprogram te dryf sodat die buiteland betyds van die verwikkelinge in Suid-Afrika kan kennis neem.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.