fbpx
Vryheidsfront Plus

Balju vat al Emfuleni se voertuie

Eskom het vandag, vir die vierde keer sedert 2015, op al die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se voertuie beslag gelê.

Hierdie stap is die uitvoering van ‘n beslagleggingsbevel wat die Gautengse hooggeregshof toegestaan het in Oktober vanjaar om Eskom te magtig om op Emfuleni se roerende bates asook ‘n bankrekening beslag te lê vir die R1,3 miljard wat die munisipaliteit die kragverskaffer skuld.

Hierdie skuld is slegs ‘n gedeelte van die munisipaliteit se uitstaande skuld van meer as R5 miljard aan Eskom.

Eskom het reeds op ‘n bankrekening beslag gelê. Dié kragverskaffer was die tweede groot verskaffer wat die hooggeregshof genader het. ‘n Week daarna is Randwater se beslagleggingsbevel ook deur die hooggeregshof toegestaan.

Vandag het die balju beslag gelê op 25 voertuie wat insluit voertuie van die bou-, verkeers-, parke-, sportafdeling en kragafdeling.

Die beslaglegging van voertuie benadeel die dienslewering in Emfuleni ingrypend.

Selfs die ingryping van die Gautengse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) het nie ‘n duit aan die situasie verander nie.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.