fbpx
Vryheidsfront Plus

Begroting ‘n bewys van ANC se mislukking as regering (Debat in parlement: Wetsontwerp op die Aanpassingsbegroting)

Suid-Afrikaners gaan deur moeilike finansiële tye en dit is belangrik dat die regering die regte besluite oor die besteding van geld neem.

Die Wetsontwerp op die Aanpassingsbegroting wys egter hoe klaaglik die regering hierin misluk. Hier is enkele voorbeelde:

’n Bykomende R1,298 miljard is toegewys aan binnelandse sake. Die meeste daarvan vir die presidensiële werkskeppingsprogram. Daarvan is R819 miljoen vir goedere en dienste, ’n gulde geleentheid vir stroping.

Internasionale betrekkinge ontvang ’n bykomende R102 miljoen terwyl R176 miljoen by nasionale tesourie se finansiële- en voorsieningskettingbestuur weggeneem is.

Dit is verstommend in ag genome die omvang van bedrog rondom verkryging.

Aan die vernietigde Transnet is ’n bykomende R2,937 miljard toegeken vir die herstel van vloedskade. Dit sou nie nodig gewees het indien mense soos Brian Molefe nie Transnet se fondse wanbestuur het nie.

R410 miljoen word weggeneem van openbare werke en infrastruktuur en slegs R896 000 is bykomend toegeken aan korrektiewe dienste terwyl tronke by die dag voller raak.

’n Bykomende R1,708 miljard gaan aan die departement van verdediging terwyl justisie slegs R89 miljoen bykomend kry met die druk op die land se regstelsel wat daagliks toeneem. Dit laat vrae oor die erns van die regering om korrupsie te bestry en die wat daarby betrokke was effektief te wil vervolg.

Die ANC noem dit ’n proses van gee en neem. Intussen ly die publiek toenemend onder swak gesondheidsdienste en die polisiediens verloor die stryd teen misdaad.

Dan word daar steeds R31 miljoen van die polisie weggeneem wat die speelveld teen misdadigers selfs meer ongelyk maak. Dit klink meer na verraad teenoor die publiek as ’n billike proses van neem en gee.

Dit is ironies wanneer vanuit regeringskringe gehoor word dat die motief van die opposisie se aandrang op die privatisering van staatsondernemings vir persoonlike verryking is.

Dit is juis onder die ANC-regering wat openbare ondernemings misbruik is vir selfverryking. Die regering se onbevoegdheid en beleid van kaderontplooiing het tot die vernietiging van dié entiteite gelei. Die gereelde reddingspakkette getuig daarvan.

Hierdie aanpassingsbegroting is ’n tasbare aanduiding van die wyse waarop die ANC-regering die land en sy mense in die steek laat.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.