fbpx
Vryheidsfront Plus

Lesufi se opruiende uitsprake minag regsprekende gesag

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se opruiende uitsprake oor Janusz Walus se paroolvrylating, is minagting van die regsprekende gesag en hou dreigende gevolge vir die oppergesag van die Suid-Afrikaanse Grondwet in.

Die uitspraak van die Grondwethof dat Walus, wat ‘n lewenslange vonnis uitdien vir die moord op Chris Hani in 1993, binne tien dae op parool vrygelaat moet word, is onomkeerbaar en is in werklikheid ‘n klad op die naam van die minister van justisie, Roland Lamola.

Die uitsprake van Lesufi het die potensiaal om geweldpleging aan te hits en grens aan haatspraak.

Ander senior politici, waaronder minister Aaron Motsoaledi, Cosato, die kommunistiese party, die EFF en selfs oudpresident Jacob Zuma se dogter, Dudu Zuma, het hul by die koor van protes aangesluit in ‘n poging om die vrylating van Walus te stuit.

Dieselfde persone kritiseer insgelyks die bevel van die appèlhof dat oudpresident Zuma sy vonnis van vyftien maande vir minagting van die hof moet uitdien weens sy weiering om voor die Zondo-kommissie te verskyn.

Hy moes getuig oor sy instrumentele rol in staatskaping en korrupsie wat die staatskas van miljarde rande gestroop het en letterlik die land se ekonomie verwoes het.

Die inkonsekwente reaksie en optrede van die ANC en EFF dui daarop dat hulle die oppergesag van die reg blatant minag en dat politieke vooroordele en verdelende ideologie swaarder weeg.

Die VF Plus sal die gesag van die regbank beskerm en sal bly veg dat die regsprekende gesag nie deur die politieke vooroordeel van die ANC en EFF gekaap word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.