Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Balju lê beslag op Emfuleni se voertuie weens wanbetaling aan Eskom

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is gisteroggend vir die vierde keer in drie jaar op sy knieë gedwing toe die balju feitlik op al die munisipaliteit se voertuie beslag gelê het weens dié munisipaliteit se wanbetaling aan Eskom.

Emfuleni skuld die kragvoorsiener sowat R4,2 miljard. Verskeie afbetaalooreenkomste is sedert 2018 tussen die partye gesluit, maar die munisipaliteit faal telkens om sy ondernemings oor betaling te eerbiedig.

Eskom het reeds verlede jaar op die munisipaliteit se roerende bates beslag gelê en in September vanjaar op een van die munisipaliteit se lopende rekeninge.

Die gevolg van Emfuleni se wanbetaling is dat dienslewering tot stilstand gekom het.

In een geval is amptenare gister op pad na Bophelong gevra om stil te hou en die voertuig aan die balju te oorhandig.

Hulle was onderweg om voorbereidings te tref vir die amptelike opening van ‘n nuwe biblioteek.

Die munisipaliteit wat reeds onder gedeeltelike provinsiale administrasie geplaas is, se langdurige wanbestuur het tot gevolg dat inwoners gestraf word vir onbevoegde administrateurs wat nie die munisipaliteit finansieel suksesvol kan bestuur nie.

Die VF Plus het verskeie kere die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, versoek om sy administrateurspan met opgeleide personeel te vervang.

Dit is onwaarskynlik dat Emfuleni Eskom sal kan betaal aangesien hy nie die vorige terugbetalingsooreenkomste aan Eskom kon nakom nie.

Die munisipaliteit ontvang ‘n gemiddelde inkomste van R350 miljoen per maand, maar die geld word aan krediteure betaal wat in die vorige finansiële jaar nie betaal is nie.

Die VF Plus is van mening dat die munisipaliteit van totale ondergang gered kan word met ‘n bevoegde bestuurspan en met die politieke wil om ‘n positiewe verandering teweeg te bring.

Inwoners het in die komende munisipale regeringsverkiesings die geleentheid om saam met die VF Plus op te staan en ‘n sterk boodskap uit te stuur aan die ANC dat die verval van Emfuleni nie langer geduld sal word nie.

Navrae: 076 616 2124

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.