Die VF Plus verwelkom die afdanking van Mpumalanga se LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake, Mandla Msibi.
Die provinsiale premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het Msibi afgedank nadat hy Maandag in hegtenis geneem is op aanklagte van moord en poging tot moord.
Msibi was na bewering betrokke by ‘n skietery in Mbombela (Nelspruit) in Augustus vanjaar waartydens twee persone doodgeskiet en een gewond is.
Tien onverwante klagte van onder meer aanranding met die opset om ernstig te beseer en intimidasie is vroeër vanjaar teen Msibi laat vaar.