fbpx
Vryheidsfront Plus

Antwoorde moet verkry word oor aanslag op pres. Jacob Zuma se lewe

Die geheimhouding rondom die beweerde aanslag op die lewe van pres. Jacob Zuma is onaanvaarbaar en indien dit waar is, is dit ‘n baie ernstige aangeleentheid wat deeglik ondersoek moet word, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder het in ‘n parlementêre ledeverklaring gesê die president het hierdie week in ‘n direkte TV-uitsending op televisie vir die eerste keer self gesê iemand het hom met ‘n sterk tipe gif probeer vergiftig.

“Die VF Plus sal graag wil verneem of hierdie voorval ondersoek word. ‘n Aanslag op die president se lewe is uiteraard ‘n baie ernstige saak.

“Toe die president gevra is wie moontlik vir die aanslag verantwoordelik kon wees, was hy baie vaag deur te sê hy het baie vyande, en dat dit moontlik ook ‘koloniale magte’ kon wees.

“Het die president al ‘n klag by die polisie hieroor ingedien? Indien nie, waarom nie? Dit is belangrik om oop kaarte te speel oor die aangeleentheid en oor die vordering van die ondersoek,” sê dr. Mulder.

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.