fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus hoopvol dat moontlike en welkome bewindsverandering in Zimbabwe vreedsaam sal verloop

Dit is verblydend dat die klaarblyklike bewindsoorname in Zimbabwe tot dusver volgens alle aanduidings vreedsaam verloop het, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê luidens mediaberigte voer die Zimbabwiese weermag aan dat daar ingegryp moes word om Zimbabwe van ondergang te red en om “massiewe” korrupsie stop te sit. In die proses is verskeie ministers luidens berigte reeds in hegtenis geneem.

Hy sê dit is alombekend dat ook gewone burgers van Zimbabwe ontevrede is oor die feit dat pres. Robert Mugabe so lank aan die mag vasklou en nou oënskynlik planne smee om die weg voor te berei vir sy vrou, Grace Mugabe, om hom op te volg.

“Onder Mugabe se bewind het Zimbabwe, eens die broodmandjie van Afrika, se ekonomie in duie gestort en is die burgers in armoede en ellende gedompel terwyl Mugabe en sommige van sy vertrouelinge ver verwyder van die gemiddelde Zimbabwiër se armoede, in weelde geleef het.

“Dit wou in die laaste tyd ook voorkom of die president se vrou reeds opgetree het asof sy die staatshoof is soos blyk uit die onlangse afdanking van Emmerson Mnangagwa, die gewilde adjunkpresident, op haar aandrang.

“Die situasie is in vele opsigte identies aan wat tans in Suid-Afrika afspeel. Hier is ook ‘n president wat homself as verhewe bo die reg beskou en wat hom omring het met kaders in hoë poste wat die land stroop terwyl werkloosheid hoogty vier en die ekonomie op die rand van ineenstorting is.

“Dit is hier ook duidelik dat die president indirek aan die mag probeer vasklou deur ‘n poging om sy gewese vrou tot president te laat verkies.

“Die VF Plus glo dat enige verandering in ‘n demokratiese bestel op ‘n demokratiese wyse moet plaasvind deur ‘n stemproses. Dit het oënskynlik nie in Zimbabwe gebeur nie, en die hoop word uitgespreek dat ‘n vrye verkiessing wel kan volg om ‘n nuwe staatshoof aan te wys.

“Intussen is dit in belang van Suid-Afrika en die hele streek dat die verwikkelinge vreedsaam verloop,” sê dr. Groenewald.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.