Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC verwerp versoek om vaardighede en meriete in Mpumalanga se arbeidsmag te ontwikkel

In ʼn teleurstellende stap vir diegene wat ʼn bekwame en mededingende arbeidsmag voorstaan, het die ANC-regering ʼn mosie van die VF Plus verwerp wat daarop gemik is om meriete-gegronde aanstellings in beide die openbare – en privaat sektor in Mpumalanga te bevorder.

Die mosie, wat in die provinsiale wetgewer ter tafel gelê is, het versoek om die dringende behoefte te erken om te verseker dat vakatures gevul word hoofsaaklik op grond van meriete, bevoegdheid en kwalifikasies terwyl die beginsels van transformasie en regstelling steeds eerbiedig word.

Die VF Plus het beklemtoon dat ware bemagtiging betekenisvolle toegang tot kwaliteit onderwys en vaardigheidsontwikkeling moet insluit wat alle inwoners in staat stel om regverdig mee te ding vir werksgeleenthede.

Die voortgesette toepassing van regstellende aksie, sonder ’n gebalanseerde fokus op vermoë, loop die risiko om ondernemings te verswak en dienslewering te sink.

Jan Alleman verloor ook daagliks vertroue in die regering weens bogenoemde.

Die VF Plus het ‘n oproep vir gebalanseerde transformasie gemaak, een wat gelykheid en uitnemendheid as aanvullend eerder as teenstrydig beskou. Die Mpumalanga-werksmag moet toegerus word met die gereedskap, opleiding en opvoeding wat nodig is om op grond van meriete te styg.

Ongelukkig was die ANC-regering nie bereid om na ‘n konstruktiewe voorstel te luister nie.

Deur hierdie mosie te verwerp, het hy ‘n duidelike boodskap gestuur dat hy nie bereid is om hom te verbind tot die bou van ‘n werklik mededingende en goed voorbereide arbeidsmag in Mpumalanga nie.

Die VF Plus bly daartoe verbind om te veg vir praktiese, inklusiewe en toekomsgerigte beleide wat inwoners bemagtig deur bevoegdheid en regverdige geleenthede, en om te verseker dat transformasie beide regverdig en volhoubaar is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.