fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-tiranie wys al hoe duideliker met oorgawe van KSA aan politieke druk

Terwyl Suid-Afrika sonder ‘n enkele wit speler in sy sokkergroep van 22 gereed maak om na die Olimpiese Spele te vertrek, het die ANC vandag aangekondig dat rassisme voortaan amptelik sal geld in die kies van die land nasionale krieketspan en die VF Plus sal die wêreld opnuut hieroor inlig, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport.

Adv. Alberts sê dit onderstreep opnuut die ANC-regering se beheptheid met kleur en kwotas wat nou openlik en sonder skroom afgedwing word ten koste van meriete en sportontwikkeling.

Adv. Alberts het mnr. Chris Nenzani, Krieket Suid-Afrika (KSA)-president, van ruggraatloosheid beskuldig en gesê dié onderdanigheid aan politieke druk gaan die sport se aansien groot skade berokken.

“Mnr. Nenzani beweer hy weet nie presies wat die kwotas behels nie. Ek kan hom daarmee reghelp. In Augustus verlede jaar het die sportminister, Fikile Mbalula, op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus hieroor geantwoord dat nasionale spanne in die toekoms die nasionale demografie sal moet weerspieël.

“Dit beteken dat daar in die toekoms net een wit en een bruin speler in die krieketspan span mag wees. Watter boodskap stuur dit uit na jong wit en bruin kinders wat sportdrome het? Die ANC skok met sy desperate beheptheid om die land se sosiale en arbeidsomgewing kunsmatig te manipuleer ongeag die skade wat dit veroorsaak.

“Ironies het daar in die laaste tyd uitstekende jong swart spelers soos Kagiso Rabada en Temba Bavuma op meriete sterk op die voorgrond getree. Gaan hulle tevrede wees om in ‘n volle kwotaspan te speel?

“Dit is ook onverstaanbaar dat die sportwêreld na sy ywerige sportboikotte in die vorige bedeling nou oënskynlik bereid is om teen Suid-Afrikaanse spanne te speel wat op grond van kleur gekies moet word en waar politieke inmenging hoogty vier.

“Die VF Plus het die internasionale sportgemeenskap reeds ingelig oor die stand van sake, en sal aanhou om dit te doen. Almal weet van die onsmaaklike voorval in die laaste wêreldbeker-kriekettoernooi in die wedstryd teen Nieu Seeland.

“Dit verstom dat lande soos Australië op die krieketveld en Nieu-Seeland op die rugbyveld bereid is om sonder voorbehoud teen Suid-Afrikaanse spanne te speel wat weens die politieke kwota-druk duidelik met ‘n ketting aan die enkel moet meeding,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.