fbpx
Vryheidsfront Plus

Makhura probeer ANC in Gauteng red

Die premier van Gauteng, David Makhura, probeer nou alles in die stryd werp om die ANC van ondergang in Gauteng te red.

Dit volg nadat Makhura die afgelope naweek by kiesers gepleit het om nie die ANC te verlaat nie as gevolg van Jacob Zuma.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het in reaksie hierop gesê dat die ANC besef dat hul tyd kort raak in Gauteng en dat Makhura, wat nie eintlik 'n ondersteuner van Zuma is nie, nou alles in die stryd sal werp om te verseker dat hy in 2019 weer herverkies sal word as premier.

"Dit is nogal vreemd dat Makhura nou sulke pleidooie lewer by ANC-kiesers. Hy was erg gekant teen Zuma met dié se herverkiesing as leier van die ANC in 2012 en hy het openlik die e-tol in Gauteng teengestaan. Die premier se bekommernis is 'n bewys dat die ANC baie swakker tydens die komende munisipale verkiesing in Gauteng gaan vaar en selfs van die metro's kan verloor."

Die VF Plus is van mening dat Makhura se tyd, net soos die burgemeester van Pretoria, Ramakgopa, kort raak en dat hy nou probeer red wat te redde is.

"Makhura kan hierdeur werklik die ANC se belange op die hart dra of dit is bloot 'n interne stryd om politieke oorlewing. Indien dit laasgenoemde is, gaan Zuma hom in elk geval vervang as die ANC swakker doen of val in Gauteng.”

 

Tel: 084 0154 722 of 011-498 5477

epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.