Op ‘n spesiale raadsvergadering van die Mangaung-metroraad is oninbare skuld van R74 004 669.36 afgeskryf.
Hierdie is in hoofsaak skuld van mense wat as armlastig gelys is. Hoeveel die afskryf van hierdie skuld sinvol is omdat dit werklik oninbare skuld is, dra ook daartoe by dat die inkomste van die Mangaung-metro, soos aangedui op die begroting meer realisties is.
Die grootste probleem is egter die onvermoë van die munisipaliteit om skuld in te vorder. Dit is onaanvaarbaar dat ‘n inwoner se agterstallige munisipale rekening meer as R100 000 kan beloop. Wanneer ‘n rekening meer as 90 dae agterstallig is, ongeag die bedrag, behoort die munisipaliteit daadwerklik op te tree. Die munisipaliteit behoort nie toe te laat dat rekeninge selfs van arm mense so hoog oploop nie. Dit is onaanvaarbaar dat 4 673 inwoners se skuld kon oploop tot R23 714 052. 77 voordat dit afgeskryf is. Die invorderingstelsel werk duidelik nie. Die munisipaliteit het al konsultante gebruik en het al privaat invorderingsmaatskappye gebruik en miljarde rande spandeer, maar die stelsel werk steeds nie.
Wat nog meer kommerwekkend is, is dat 12 076 debiteure se skuld afgeskryf is. Die vraag is of hierdie rekeninge werklik al oninbare skuld is wat tans op die Mangaung-metro se rekening lê. Bykomend is die vraag of die huidige lys armlastiges werklik die getal armlastiges in Mangaung weerspieël.
Volgens Nasionale Tesourie is ‘n gemiddeld van 21% van skuld invorderbaar. Die vraag ontstaan dus of die Mangaung-metro se afgeskrewe skuld werklik die oninbare skuld van Mangaung weerspieël.
Dr. Elizabeth Snyman-van Deventer
082 305 1540