fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC se onbevoegdheid het stelsel van vrywillige koper/verkoper laat misluk

Onbevoegdheid van die ANC-regering en sy amptenare het self veroorsaak dat die beginsel van vrywillige koper/verkoper misluk het, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor grondhervorming.

Dr. Groenewald het vandag met die Tweede Lesingsdebat oor die Wetsontwerp op die Waardering van Eiendom gesê die beoogde wet is 'n poging van die ANC om sy eie onbevoegdheid te verdoesel.

“Die eerste ANC-minister wat te doene gehad het met grondhervorming, Derek Hanekom, het verlede jaar in April gesê indien die regering aanvoer die beginsel werk nie, is dit sy eie skuld. En dit is die waarheid.

“U wil nou ‘n ander beginsel gebruik weens die onbevoegheid van amptenare wat nie hul werk gedoen het nie. U soek nou ‘n sondebok vir die mislukking van die stelsel. U wil populisties wees. Die VF Plus sal nie die wetsontwerp ondersteun nie.

“Verlede week is gesê grondhervorming is soos ‘n olifant wat stukkie vir stukkie opgeëet sal word. Die waardeerder-generaal is deel van daardie stukkie-stukkie eet,” sê dr. Groenewald.

Hy sê dit bedreig eiendomsreg in Suid-Afrika en die miljoene rande wat bestee word aan die vestiging van ‘n kantoor vir die waardeerder-generaal, kon eerder gebruik word om swart opkomende boere finansieel te ondersteun sodat hulle ‘n sukses kan maak van hul boerderye.

“Hierdie is maar net die begin, en die mense van Suid-Afrika moet kennis neem dat eiendomswaarde in Suid-Afrika gaan verlaag.

“Ek hoop dat eiendomsbelasting dienooreenkomstig aangepas gaan word. U gaan die ekonomie strem en prokureurs ryk maak wat die sake gaan behartig wat hieruit gaan voortspruit.

“As daar een stukkie van die wetgewing is wat die rooi ligte laat brand, is dit hierdie wetsontwerp oor die waardeerder-generaal omdat daar om die verkeerde redes geglo word dat die beginsel van vrywillige koper/verkoper nie werk nie.

“U is verkeerd. Dit werk. Doen net die werk, dan sal u behoorlike grondhervorming kry in Suid-Afrika,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.