Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekstra R314 miljoen vir Bob van Reenen-stadion van Gauteng se departement van sport

Die Bob van Reenen-sportstadiom in Krugersdorp ontvang ‘n verdere R314 miljoen, bo en behalwe die fondse wat Mogale City begroot het vir 2014, vir die ontwikkeling en restourasie van die geskiedkundige sportstadion, sê raadslid Amanda de Lange van die Vryheidsfront Plus in Mogale City.

Sy sê die LUR van finansies in Gauteng, Mandla Nkomfe, het op Dinsdag 4 Maart 2014 in sy begrotingsrede aangekondig dat die bedrag begroot word om die finale fase van die uitgebreide restourasiewerk aan die stadium moontlik te maak.

Dit is teleurstellend dat die eens glorieryke stadium eers totaal moes verval en heelwat beskuldigings van nepotisme en bedrog teen die vorige burgemeester, sy bestuur en heelwat bekende name in die sportwêreld aanhangig gemaak moes word, voordat aksie geneem is.

Jare se druk en ‘n onverpoosde stryd met Mogale City en Gauteng se departement van sport deur die VF Plus het daartoe gelei dat Gauteng ingegryp het om die stadion te red en daar is  van die geleentheid gebruik te maak om dit verder uit te brei.

Die nuwe stadion sal dien as veeldoelige sportsentrum en prestasie-afrigtingsentrum.  Planne wat hiervoor op die tafel is, toon dat Krugersdorpers ‘n waardige sportsentrum sal hê om op trots te wees. 

Volgens raadslid De Lange sal sy deurentyd die Krugersdorpse gemeenskap op hoogte van sake hou met die vordering van die proses. 

 

Amanda de Lange

Kontaknommer :  071 604 9498

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.