fbpx
Vryheidsfront Plus

Die ANC-regering moet nuwe maatreëls in plek stel om kragvoorsiening te verbeter

Die huidige krisis in die voorsiening van krag deur Eskom en die instel van beurtkrag op ‘n dringende basis bewys weer eens die vernietigende effek van kader-ontplooiing en regeringsinmenging in staatsondernemings. Dit blyk uit die kritiese tekort aan krag dat Eskom nie voldoende maatreëls ingestel het om ‘n kragkrisis te voorkom nie. Dit nadat Suid-Afrika ses jaar gelede swaar onder krag-tekorte en beurtkrag gebuk gegaan het,” sê Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor die Ekonomie.

“Die Medupi-kragaanleg moes reeds verlede jaar in werking gestel gewees het. Ten spyte van die minister van openbare ondernemings se beloftes dat Medupi op skedule krag sal lewer, sit Suid-Afrika vandag weer met beurtkrag. Die ironie is dat die ANC self finansiële voordele uit die oprigting van Medupi bekom het. Terwyl gewone Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse besighede verliese ly weens beurtkrag, verryk die ANC homself uit die krisis.

Die VF Plus stel voor dat die regering daadwerklike stappe neem om die kragkrisis in die land aan te spreek. Die stappe wat die regering kan neem, sluit in:

“Die regering behoort te besef dat net omdat hulle nog nie ‘n in kennis gestel is van enige finansiële verliese wat vandag gely is weens beurtkrag nie, beteken dit nie dat die verliese nie daar is nie. Wanneer besighede en nywerhede nie krag ontvang nie staan produksie stil en ly die ekonomie daaronder. Die regering moet eerder nuwe maatreëls instel om Eskom te dwing om ‘n beter diens te lewer, as om skouers op te trek met die houding dat beurtkrag nie die land se ekonomie soveel geld kos nie,” sê Adv. Alberts.

 

Kontaknommer: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.