fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering vertrap menseregte in Suid-Afrika

Onder die ANC-regering kan daar nie sprake wees van ware menseregte nie. Die vordering wat wel op dié gebied gemaak is ná 1994, is sedertdien omgekeer en vernietig.

In die laaste dekade het die geletterdheidskoers in Suid-Afrika skerp afgeneem en 82% van graad 4-leerders kan vandag nie lees nie. Tog word moedertaalonderrig geminag.

Oor dieselfde tydperk het die aantal waterverskaffingstelsels wat in ʼn kritieke toestand van veral is, met meer as 10% toegeneem.

Staatshospitale het op groot skaal verval tot wanfunksionaliteit waar mense onnodig sterf. Meer as 17 miljoen huishoudings het nie voldoende kos om te eet nie.

Die ANC staan koud teenoor die waardigheid van Suid-Afrikaners terwyl sy gedagtegang in die verlede vasgesteek het. Hy worstel met die verlede terwyl mense vandag swaar kry en honger ly.

Toegang tot skoon water is vir die regering onbelangrik. Hier gebeur presies dieselfde as wat met kragvoorsiening gebeur het. Die regering is gewaarsku oor die naderende krisis, maar al wat gebeur het, is dat daar meer geplunder en gesteel is.

Onder die ANC gaan die waterkrisis selfs erger as die kragkrisis wees. Geld wat aangewend moet word vir die instandhouding van waterinfrastruktuur, word in munisipaliteite geplunder en beland in kaders se sakke.

Suid-Afrika is ʼn waterskaars-land en tog word toegelaat dat watervoorsieningstelsels in duie stort. Die ANC gee bloot nie om vir die menselyding wat die watergebrek veroorsaak nie.

Die studentehulpskema NSFAS is deurtrek van korrupsie, en steeds spog die ANC oor die beurse wat die skema toeken. Dit is eerder ʼn skande dat soveel meer beurse toegeken sou kon word indien NSFAS nie deurtrek was van korrupsie nie.

Wette om korrupsie in die regering uit te roei, sal nie werk nie. Al wat sal werk, is om die ANC te vervang met ʼn nuwe regering en bedeling waar menseregte en dienslewering werklik belangrik is.

Op 29 Mei vanjaar kry Suid-Afrikaners die geleentheid om ʼn regering te kies wat menswaardigheid en menseregte weer kan herstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.