Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC kry bloedneus in debat oor verslag wat kortlys vir Kleinsake-ombud voorstel

In ‘n versoberende stap moes die ANC vandag vra dat ‘n verslag na die betrokke portefeuljekomitee terugverwys word nadat dit duidelik geword het dat die nasionale vergadering (NV) die verslag met ‘n meerderheid stemme sou verwerp.

Die portefeuljekomitee vir kleinsakeontwikkeling moes verslag doen van die proses wat hy gevolg het om ‘n kortlys saam te stel vir die amp van kleinsake-ombud. Dié amp se taak is om klein ondernemings teen onregverdige kompetisie te beskerm.

Die VF Plus het, saam met ander opposisiepartye op gebreke in die proses gewys. Die ANC was ook nie baie goed in die NV verteenwoordig nie. Dit het die hoofsweep genoop om te versoek dat die verslag liewer na die komitee teruggestuur word.

Dit is net nóg ‘n bewys dat die ANC, met sy eensydige prosesse, wel verslaan kan word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.