Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC/EFF-koalisie in Mogale City laat aansuiweringsbegroting kantel

Die ANC/EFF-koalisie in die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) is besig om te verbrokkel nadat die EFF nie Woensdag tydens ʼn raadsvergadering die aansuiweringsbegroting wou goedkeur nie.

Die gevolg is dat die speaker, Doreen Davids, nou ʼn aansoek moet rig aan die Gautrengse LUR van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Jacob Mamabolo, om die goedkeuring van die aansuiweringsbegroting uit te stel.

Hierdie wending het verrykende gevolge wat dienslewering aanbetref.

Die raad het volgens bepalings van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA) tot 28 Februarie om die aansuiweringsbegroting goed te keur. Die proses moet ook voldoen aan die bepalings van die Munisipale Stelselswet om deursigtigheid, verantwoordbaarheid en goeie finansiële bestuur te ondersteun.

Hierdie was ʼn ideale geleentheid vir minderheidspartye om die aansuiweringsbegroting aan te pas tot voordeel van inwoners, maar weens ʼn groot afwesigheid van die DA-lede kon dit nie gebeur nie.

Die ANC het sy meerderheid gebruik om die raadsvergadering te verdaag, net toe ʼn beslissende debat op hande was.

Politieke onstabiliteit mag nie dienslewering ondermyn nie. Die munisipaliteit móét dringend gestabiliseer word, veral met groot strategiese besluite wat voorlê.

Die VF Plus sal voortgaan om beginselvas op te tree en die kieser se belang eerste stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.